Moeg gesukkel om die gemeente-webtuiste op datum en op dreef te hou?

  • Is dit ‘n ewige stryd om die gemeente se webtuiste op datum te kry en te hou?
  • Neem dit te lank om – dikwels dringende – veranderinge te laat doen?
  • Spandeer u te veel tyd en geld daaraan?
  • Sien u hoe ander gemeentes hul webtuiste effektief benut en wonder hoe dit werk?

‘n Webtuiste is ‘n wonderlike hulpmiddel vir die gemeentebediening, maar kan ook ‘n kopseer – of selfs ‘n verleentheid – word omdat dit dikwels verouderde inligting bevat.

Gemeente-webtuistes word dikwels ook onderbenut: as leraar wil u dalk beter gebruik maak van die baie moontlikhede en funksionaliteit, maar die tyd – of ervaring – ontbreek.

En dan kos dit ook nog geld om dit “op die lug” te hou (“hosting”, domeinhernuwings).

Synde ‘n gewese predikant (sien hieronder) het ek ‘n goeie idee hoe dit gaan, en daarom bied ek op die oomblik ‘n deurlopende dienspakket aan wat uit die volgende bestaan:

  • Bestaande probleme op u webtuiste word aangespreek;
  • Nuwe afdelings word bygevoeg waar nodig;
  • Deurlopende hulp met opdatering is beskikbaar;
  • Dringende byvoegings word aangebring waar nodig, selfs na-ure/naweke;
  • Vinnige beskikbaarheid telefonies, per epos en SMS;
  • Bonus: Is u webtuiste verouderd? Indien u gemeente onderneem om ten minste vir ‘n jaar in te skakel kan ‘n nuwe, moderne slimfoon-vriendelike webtuiste geinstalleer word sonder ekstra koste!
  • Die domein se “hosting”-koste is ingesluit

Die Dienspakket beloop nou slegs R495 per maand. Kontak my so gou moontlik om u gemeente se plek te verseker (sien Hoe werk dit verder? ondertoe)!

U word nie deur ‘n kontrak gebind nie; die bedrag is maandeliks betaalbaar vir solank die gemeente van die diens gebruik maak.

Geen finansiële risiko

Hoe kan u seker wees u gemeente loop nie ‘n finansiële risiko nie?

  • Soos hierbo genoem is daar geen kontrak ter sprake nie. Betaling geskied maandeliks en kan te eniger tyd gestaak word as u van plan verander!
  • Indien u reeds van die bonus-nuwe webtuiste (wat op ‘n jaar deelname geskoei is) gebruik gemaak het en halfpad deur die jaar wil onttrek, maak dit nie saak nie, die nuwe webtuiste bly u s’n en bly aktief!

Wie is ek?

 

Ek is ‘n gewese predikant, en was jare lank betrokke by die publikasie van die Ligdraer kerkkoerant. Die afgelope 17 jaar doen ek voltyds web publikasies, ontwerp en onderhoud. Ek help graag gemeentes en diens-organisasies met hul behoeftes in hierdie verband! Ek is onlangs deur die Sinodale kantoor in Bellville gevra om die NGDroogtehulp webtuiste op te rig (www.ngdroogtehulp.co.za), en is tans ook besig om die nuwe sinodale pastorale hulp webtuiste op te rig.

Hoe werk dit verder?

Soos hierbo genoem kan op hierdie stadium ek net ‘n beperkte aantal gemeentes inneem. Indien u belangstel kontak my dus onverwyld as volg:

  1. Gebruik die kontakvorm hieronder met u gemeente se webtuiste-adres, en enige spesifieke behoeftes rondom die opdatering/uitbouing daarvan. Dan kan ek na u webtuiste gaan kyk en ‘n paar voorlopige idees deurgee.
  2. Belangrik: Sodra u dan die groen lig gee om voor te gaan reserveer ek u gemeente se plek op my lys.
  3. Indien daar dringende opdatering is kan ons onmiddellik voortgaan. Op daardie stadium moet ek toegang kry tot die webtuiste se “enjin”. Dit sal ek help reël waar nodig.

 

Naam

Epos-adres

Boodskap

Tik asb die karakters hieronder, druk dan Stuur

captcha